Sam Cane vir drie wedstryde geskors

Die kaptein van die All Blacks, Sam Cane, is vir drie wedstryde geskors vir sy rooi kaart in die Wêreldbeker-eindstryd teen die Springbokke. Hy is met ʼn gele afgestuur vir ʼn hoogvat op die Bok-senter, Jesse Kriel, maar dis later na rooi verander. Cane moes sit en toekyk hoe Suid-Afrika sy span 12-11 troef om vir ʼn rekord vierde keer as kampioen gekroon te word. Hy gaan ʼn plettervatkursus bywoon wat sy skorsing na twee wedstryde sal verminder. Cane sal in die nuwe Japannese seisoen vir Suntory Sungoliath speel.