Trump steek Biden verby in belangrike deelstate

ʼn Nuwe meningspeiling van die The New York Times en Siena College het onthul Amerika se president Joe Biden het in vyf van die ses belangrikste state in ʼn verkiesing, ʼn agterstand teen oudpresident Donald Trump. Dit toon Biden verloor onder geregistreerde kiesers met vier tot tien persentasiepunte teen Trump, sy belangrikste Republikeinse teenstander, in Arizona, Georgia, Michigan, Nevada en Pennsylvania. Biden loop slegs in Wisconsin voor en wel met twee persentasiepunte. Kiesers in die vyf genoemde state sê hulle vertrou Trump eerder as Biden wat ekonomie, buitelandse beleid en immigrasie betref.