Kom help die boere-droogtehulp!

Namibië Boere Droogtehulp is onder leiding van Henriette le Grange en Wilfred Weise op die been gebring. Deur middel van aanlynveilings en skenkings kon hulle droogtehulp oor die hele land bied. Daar word vanjaar ook meer fondsinsamelingspogings georganiseer, en Namibiërs word aangemoedig om te help waar hulle kan. Die organisasie sal vanaf 13 November ‘n aanlynveiling hou om fondse te genereer en is op soek na items om op te veil. Le Grange het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die veiling en hoe mense haar kan kontak.