Spesiale terrein beplan vir Tsandi-handelskou

Die organiseerders van die gewilde Tsandi jaarlikse handelskou en uitstalling in die Omusati-streek in die noorde, wat vandag ten einde loop, beplan om ‘n spesiale skouterrein te bou. Die hoof uitvoerende beampte van die Tsandi-dorpsraad, Kephas Haitembu, sê die raad het reeds grond geallokeer vir ‘n skouterrein, maar die Covis-19 pandemie het hulle verhoed om genoeg fondse bymekaar te maak om met die eerste fase van konstruksie te begin. Die raad gaan ook die datum van die skou verander sodat dit nie bots met eksamens en ander handelskoue nie, soos Helao Nafidi se skou in die Ohangwena-streek en Tsumeb se Koperfees.