Groot Aub smeek Stad Windhoek vir inligting

Sedert die Stad Windhoek amptelik die sake van Groot Aub oorgeneem het, was die dorp glo nog nie sonder waterprobleme nie. Elma Dienda, parlementslid van die PDM-party, het vandeesweek in die Nasionale Vergadering gesê die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gaan amptelik gevra word wanneer die probleme opgelos sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Demetrio Beukes, die sekretaris van die Gemeenskap-ontwikkeling Kommittee, wat sê hulle wil op datum van sake gehou word.