Sowat 70% van sterftes in Gaza-konflik is vrouens, kinders
Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, sê die organisasie gaan voort om ‘n beroep op Hamas te doen om gyselaars vry te laat, van wie talle dringende mediese aandag benodig. Ghebreyesus het ‘n aanlyn nuuskonferensie in Genève gehou oor globale gesondheidskwessies. Meer as 10 000 mense is dood sedert 7 Oktober, toe Hamas se aanvalle op Israel begin het, insluitend meer as 8 500 in Gaza, en 1 400 in Israel. Hy sê in beide Israel en Gaza is sowat 70 persent van die vermoordes vroue en kinders.