Skryftalent word weer vereer

Namibiese skryftalent word steeds ontdek, gekoester en gepubliseer in Doek! Literêre Tydskrif, die eerste en enigste van sy soort in die land. Die kortlys van die tweede uitgawe van die Bank Windhoek Doek Literêre Toekennings bevat plaaslike werke van fiksie, nie-fiksie, poësie en visuele kuns wat aanklank gevind het by skrywers in die land, in Afrika en die res van die wêreld. Die stigter van die toekennings, Rémy Ngamije, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.