Uitvoere val skerp in September

‘n Totaal van 202 259 ton goedere is in September uitgevoer, wat ‘n reuse 70,1 persent laer is as in dieselfde tyd verlede jaar, en 33,3 persent laer is as in Augustus. Volgens die nuutste Handelsverslag is daar egter 1 794 ton meer goedere per pad uitgevoer op ‘n maand-tot-maand basis, maar dit was 8 247 ton minder op ‘n jaarbasis. Altesaam 53 835 ton uitvoere het die land per see verlaat. Dit was 89,9 persent minder as in Augustus en 63,3 persent minder as in September verlede jaar. ‘n Totaal van 72 ton goedere is via lugvervoer uitgevoer. Dit was 36,6 persent laer as in die vorige maand en 62,3 persent minder op ‘n jaargrondslag.