Jhb-mark behaal R1 miljard se omset in Oktober
Die Stad Johannesburg het die mylpaalprestasie van een van sy instellings, die Johannesburg-mark, verwelkom. Die mark se omset in Oktober was 1 miljard Suid-Afrikaanse rand. Dis die eerste keer in sy geskiedenis dat só ʼn groot omset in ʼn enkele maand behaal word. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling, Nomoya Mnisi, sê in ʼn stad met talle uitdagings bly die Johannesburg-mark ʼn baken van hoop dat alle probleme opgelos kan word as mense saamwerk.