Blinken praat anders as Biden
ʼn Groep onafhanklike kenners van die Verenigde Nasies vra ʼn humanitêre skietstilstand in Gaza, en sê tyd raak min vir Palestyne in Gaza wat moontlik volksmoord in die gesig staar. Hulle vra ook dat Hamas en ander terroristegroepe alle burgerlike gyselaars vrylaat. Die groep spesiale waarnemers berig, Israel beplan om die Gaza-strook uit te wis. Israel beskuldig die VN-kenners intussen daarvan dat hulle Hamas-propaganda verkondig oor die situasie in Gaza, en beskryf dit as betreurenswaardig. Terwyl president Joe Biden gevra het vir ‘n pouse in die gevegte, het sy minister van buitelandse sake Antony Blinken nie melding daarvan gemaak toe hy met die media gepraat het net voor hy na Israel vertrek het nie.