Tesourie sê nee vir Transnet se reddingsboei van R100 miljard

Die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, het Transnet se versoek vir ʼn reddingsboei van 100 miljard Suid-Afrikaanse rand van Nasionale Tesourie, verwerp. Hy sê die versoek het nie waarborge bevat dat die instelling sy balansstaat gaan verbeter nie. Die staatsbeheerde hawens-en-spoor-maatskappy moet die komende week sewe-miljard-rand se skuld terugbetaal en aan die einde van Maart volgende jaar nog tien-miljard-rand. Godongwana sê Transnet sal nie reddingsboeie ontvang voordat die regering tevrede is dat die padkaart vir vraglogistiek nagekom word nie.