Britte sal dalk binnekort kan self oor maskers besluit

Onder ‘n nuwe Covid-19-regime wat op 19 Julie in Engeland aangekondig word, sal mense waarskynlik kan kies of hulle ‘n gesigsmasker wil dra of nie. Berigte lui dat gesigsmaskers en sosiale afstand nie meer afgedwing sal word nie. Die minister van Behuising, Gemeenskappe en Plaaslike Regering, Robert Jenrick, sê mense kan uitsien na ‘n baie meer toegeeflike situasie. Hy voeg by dat die Verenigde Koninkryk se inentingsprogram die regering in staat stel om te besluit hoe die land so gou doenlik na normaal kan terugkeer.