Biden verwyder 4 Afrika-lande van Agoa
Die Amerikaanse president, Joe Biden, het sy voorneme bekendgemaak om Uganda, Gaboen, Niger en die Sentraal-Afrikaanse Republiek uit die spesiale handelsprogram tussen Amerika en Afrikalande, Agoa, uit te sluit. Biden sê die lande was óf betrokke by growwe skendings van menseregte óf maak nie vordering in die rigting van demokratiese regering nie. Agoa gee aan kwalifiserende Afrika-lande suid van die Sahara belastingvrye toegang tot Amerika vir meer as 1 800 produkte. Agoa-afgevaardigdes vergader van môre af in Johannesburg.