Eskom se verlies vedubbel na R24 miljard

Eskom het ‘n netto verlies van 23,9 miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig, meer as dubbel die vorige boekjaar. Die waarnemende groep-bedryfshoof, Calib Cassim, het die syfers vir die jaar geëindig Maart uitgereik. Hy sê dit was die laaste jaar wat Eskom sulke groot verliese verwag omdat staatsbefondsing die kragvoorsiener in die volgende boekjaar behoort te stabiliseer. Cassim skryf Eskom se swakker finansiële prestasie toe aan rekordvlakke van beurtkrag, verminderde opwekkingsvermoё en laer kragverkope, sowel as ‘n toename in die koste van diesel, asook agterstallige skuld van munisipaliteite: