Alcaraz sukkel met beserings

Tennis: Carlos Alcaraz sê hy is nog nie 100 persent fiks nie terwyl hy gereed maak om vanaand na ʼn besering terug te keer in die Paryse Meesterstoernooi. Hy het vroeër saam met sy teenstander, Novak Djokovic van Serwië, geoefen. Die tweede-gekeurde Spaanse ster sukkel met laerug- en linkervoet-beserings. Hy is een van die gunstelinge in die Franse hoofstad hoewel hy in sy twee vorige toernooie nie verder as die kwarteindronde kon vorder nie. Die wêreld nommer een, Djokovic, asook Jannik Sinner van Italië en Daniil Medvedev van Rusland sal na verwagting sy grootste mededingers wees.