Amushelelo het weer met ‘arbeidskwessies’ begin

Die wil voorkom asof Michael Amushelelo weer met sy streke begin. Hy het op sy Facebook-blad vanoggend aangekondig dat hy uitgeroep is na Avic International. Hy sê die werkers het hom gekontak. Die maatskappy bou blykbaar deel van die lughawepad. Hy voeg by dit is dieselfde maatskappy wat hy verlede jaar besoek het wat volgens hom, belasting by werkers afgetrek het maar nie oorbetaal het nie. Hy het destyds geëis dat die maatskappy die geld terugbetaal wat gedoen is. In Amushelelo se woorde word werkers deur die Chinese en die korrupte Namibiese regering uitgebuit maar, hy sê hy sal altyd daar wees om die regte van werkers en behoeftiges te beskerm.