Moenie Gaza-hulp versper: Internasionale Strafhof

Die Internasionale Strafhof se hoofaanklaer, Karim Khan, het ‘n streng waarskuwing gerig oor die versperring van humanitêre hulp aan Gaza. Hy het die belangrikheid van deurgang van humanitêre hulp by die Rafah-grenspos benadruk om burgers wat geraak word, by te staan. Die konflik tussen Israel en Hamas het gelei tot die dood van meer as agt-duisend Palestyne, insluitend meer as drie-duisend kinders. Khan sê burgerlikes is geregtig op regte ingevolge internasionale humanitêre wetgewing wat deur die Geneefse Konvensie beskerm en deur die Statuut van Rome onderskryf word.