G’n rugby nou vir Malcolm Marx
Rugby: Die Springbok-haker Malcolm Marx sal nie vir Kubota Spears in die nuwe Japanese klubseisoen kan uitdraf nie na hy ‘n kniebesering opgedoen het wat sy deelname aan die Wêreldbeker-toernooi kortgeknip het. Hy hoop om die volgende seisoen weer terug te wees. Marx en Makazole Mapimpi, wat ook tydens die toernooi beseer is, het hulle voor Saterdag se eindstryd by hulle spanmaats aangesluit. Marx se plaasvervanger, die losskakel Handré Pollard, het al Suid-Afrika se punte aangeteken in hulle naelbyt-oorwinnng van 12-11 teen die All Blacks om die titel vir ‘n rekord vierde keer te verower.