Rugby

Rugby: Eddie Jones het bedank as hoofafrigter van die Wallabies nadat hulle die eerste keer in die geskiedenis in die groepfase van die Wêreldbeker-toernooi uitgeval het. Die voormalige hoofafrigter van Engeland het ‘n vyf-jaar-kontrak onderteken wat tot 2027 sou duur, maar  binne 10-maande bedank. Jones het aan The Australian gesê hy is nie spyt oor sy tyd as hoofafrigter nie, aangesien die probleem in Australiese rugby bloot gaan oor “geen geld, geen strategie”. Hy het vroeër gerugte ontken oor ‘n onderhoud wat hy in die geheim gevoer het vir die hoofafrigters-rol in Japan.