Kenner sê oor wisselende voorspellings vir ru-olie
Daar is teenstrydige berigte oor die toekoms van die prys van ru-olie. Daar is berig dat skeepsvrag-vervoer op 16 maritieme roetes sedert die oorlog in die Midde-Ooste met 50 persent gestyg het maar, die vervoer van ru-olie het gedaal en raffinaderye se winste daal ook. Daar is sommige voorspellings dat ru-olie nie in die toekoms drie-syfer pryse sal behaal nie maar, die situasie in die Midde-Ooste bly onseker. Kosmos 94.1 Nuus het ekonoom Dawie Klopper gevra om die voorspellings en berigte in perspektief te stel.