Varksektor onderpresteer steeds

Die Namibiese varksektor se uitdagings duur voort. Die jongste syfers vir die derde kwartaal van vanjaar, wat deur die Vleisraad bekend gestel is, toon dat die sektor met 4,23 persent gedaal het. Geregistreerde slagpale het 11 020 varke verwerk wat 1 060 metrieke ton aan die plaaslike mark voorsien het. Dit het aan net meer as 57 persent van die plaaslike vraag voldoen en dus is 786 metrieke ton varkvleis ingevoer.