Wat presies in SPYL se mandaat as hy nie by optogte kan aansluit nie?
Die Swapo-jeugliga het hom oopgestel vir kritiek toe Ephraim Nekongo, sekretaris van die liga, gesê het hulle kon nie deelneem aan ‘n optog teen jeugwerkloosheid op Onafhanlikheidsdag nie. Dit is omdat hulle die regering is en hulle kan nie teen hulself toi-toi nie, volgens Nekongo. Kosmos 94.1 Nuus het met Nahas Angula, ‘n veteraan van die Swapo-party, gesels wat verduidelik wat die mandaat van ‘n jeugliga is. Angula vra of die jeugliga hul missie vervul of dit dalk verraai deur niks te doen nie.