Media sal nuusaanbieding moet aanpas om relevant te bly
Volgens die jongste verslag oor die lewensvatbaarheid en groei van die media in Namibië, is die jeug se belangstelling in nuus besig om vinnig te taan. Die afname kan onder meer toegeskryf word aan nuusmoegheid, volgens die outeur van die verslag, Dietrich Remmert. Kosmos 94.1 Nuus het by die direkteur by die Namibiese Media Trust, Zoé Titus, gaan kers opsteek wat sê jongmense kry op ander maniere toegang tot nuus as deur tradisionele media. As die media volhoubaar wil voortbestaan, sal dit anders te werk moet gaan.