Vragmotorbestuurder sterf na ongeluk, vrag geplunder
‘n Vragmotorbestuurder is vanoggend oorlede na sy vragmotor op die Westelike Verbypad omgeslaan het. Die ongeluk het omstreeks sewe-uur vanoggend plaasgevind by die oprit na Auasweg. Daar was groot konsternasie omdat lede van die publiek die vrag, wat van vis bestaan het, begin plunder het. Lede van die polisie is ontplooi en het orde gebring.