Mr. D troos Suid-Afrikaners vir WB-verlies, ure voor wedstryd begin
Siya Kolisi en sy Bokspan het nog nie eens begin opwarm vir hul langverwagte Rugby Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland nie, toe die kosafleweringsdiens, Mr. D, Suid-Afrikaners vir hul verlies getroos het. Nog lank voor die Bokke hulle vierde Wêrelbeker-oorwinning 12-11 gevat het, het Mr. D Saterdagoggend ‘n promosie epos gestuur met: ‘Hier is 50 rand af om ‘n gebroke hart te herstel’ gevolg deur emoji’s van ‘n gebroke hart en ‘n rugbybal. En toe, die woorde: ‘Ons harte sal altyd groen en goud wees. Kom ons troos mekaar oor ‘n warm ete’. Die maatskappy sê dit was ‘n tegniese fout en dat die koopbewyse deel gevorm het van ‘n promosie indien die Bokke sou verloor. Hy het om verskoning gevra.