Kraamverlof hof-beslissing geloof, maar…

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in die buurland loof die beslissing van die hoërhof in Johannesburg om aan albei ouers gedeelde kraam- en ouerskapverlof van vier maande toe te staan. Dit volg op ‘n regsuitdaging teen die bepalilngs van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, wat die hof bevind het onregmatig diskrimineer tussen die geslagte. Dennis Matotoka van die kommissie sê hoewel die uitspraak vooruitstrewend is, is daar steeds gebreke, veral ten opsigte van die behandeling van ouers wat kinders ouer as twee jaar aanneem: