Wêreldbeker: Engeland vat brons-kant met oorwinning
Engeland se kaptein Owen Farrell het sy span se veelsydigheid geloof na hulle ‘n intense Wêreldbekerstryd teen Argentinië oorleef het. Hulle oorwinning van 26-23 in Parys het aan hulle die bronsmedalje besorg. Nicolas Sanchez het ‘n strafskop laat in die wedstryd vir die Pumas verbrou wat die telling in die laaste minute van die wedstryd gelykop sou gemaak het. Farrell het 16 punte met sy skopskoen behaal met Ben Earl en Theo Dan wat agter die doellyn gaan kuier het. Argentinië se drieë is deur Tomas Cubelli en Santiago Carreras gedruk.