Duitser vas vir handel met Rusland
Duitsland het ‘n sakeman gearresteer omdat hy na bewering komponente aan Rusland verkoop het wat in militêre toerusting gebruik word, insluitend hommeltuie wat tans deur Moskou se troepe in die Oekraïne ontplooi word. Die verdagte van die sentrale stad Kassel, word daarvan beskuldig dat hy verskeie elektroniese komponente na Rusland uitgevoer het. Die verdagte word ook daarvan beskuldig dat hy twee voertuie onwettig via Hongkong na Rusland uitgevoer het, ook in stryd met EU-sanksies. Die totale waarde van die goedere is op twee miljoen euro geraam.