Lasbrief vir vermeende Maine-massaskieter
Die Amerikaanse polisie het ʼn lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van Robert Card wat gesoek word in verband met die moord op 18 mense in Lewiston, Maine. Die Amerikaanse weermagreservis het lukraak op mense losgebrand by ʼn kegelbaan, Just-in-Time Recreation, en die Schemengees Bar and Grille Restaurant in Lewiston. Ses mans en een vrou is by die kegelbaan dood en agt ander, almal mans, is by die restaurant dood. Drie ander is in die hospitaal dood. Maine se goewerneur, Janet Mills, het beloof om volle geregtigheid vir die slagoffers en hulle families te vind.