Ramaphosa vertrek môre na Frankryk vir eindstryd

President Cyril Ramaphosa vertrek môreaand na Frankryk om die Springbokke te ondersteun in die Wêreldbeker-eindstryd teen die All Blacks in die Stade de France in Parys. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa hoop om die Webb Ellis-trofee ‘n tweede keer omhoog te hou. Die wenner sal die eerste land wees wat vier Wêreldbeker-titels verower. Magwenya sê Ramaphosa doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulle agter die Bokke te skaar: