SA kry R19 miljard lening by Wêreldbank
Die Wêreldbank het ʼn ontwikkelingsbeleid-lening van 19,15 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Suid-Afrika goedgekeur om die land se oorgang na skoner energie te ondersteun. Die bank sê die befondsing sal die herstrukturering van die energiesektor fasiliteer deur die ontbondeling van Eskom, en deur hulpbronne aan te wend vir beleggings in transmissie en onderhoud by aanlegte. Hy sê die lening sal ook die oorgang na lae koolstofvrystelling ondersteun. Die Nasionale Tesourie sê die befondsing sal broodnodige fiskale en tegniese ondersteuning verskaf en hom in staat stel om beleidsvoorkeure in die energiesektor na te streef.