Swapo moet sy dalende steun terugwen

Die regerende Swapo-party het die afgelope jare ‘n daling in gewildheid en steun ervaar, wat onder meer veroorsaak is deur verdeeldheid binne die party wat hom sy tweederde meerderheid in die parlement gekos het. In 2019 het Namibië se eerste onafhanklike presidentskandidaat, Independent Patriots for Change-leier dr Panduleni Itula, 29 persent van stemme getrek in die land se nouste presidensiële wedloop sedert onafhanklikheid in 1990. President Hage Geingob het met 56 persent van die stemme gewen. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Rui Tyitende gepraat oor hoe die regerende party sy ondersteuners kan terugwen in die 2024-verkiesing. 

Op ‘n vraag of die opposisiepartye ‘n kans het om te wen, het hy so geantwoord: