Vuil lug kan 13 500 Suid-Afrikaners dood

 Die oponthoud met die uitdiensstelling van Suid-Afrika se steenkoolaangedrewe kragsentrales vóór 2030 kan teen 2050 tot ‘n vooruitgeskatte 15 300 sterftes lei weens te veel lugbesoedeling. Dít is volgens nuwe navorsing deur ‘n organisasie sonder winsbejag in Helsinki, die Sentrum vir Navorsing oor Energie en Skoon Lug. Die studie toon dat 6 300 van die sterftes weens blootstelling aan stofdeeltjies sal wees, 3 500 weens blootstelling aan stikstofdioksied en 5 700 weens blootstelling aan swaeldioksied. Suid-Afrika bly een van die 12 grootste besoedelaars in die wêreld en die sewende grootste steenkoolprodusent.