Zambezi-polisie het reuse-uitdagings met oorgrens smokkelary

Die poreuse noordelike grens is weer in die nuus. Die streek se polisie-woordvoerder Kisco Sitali sê hulle sit met hul hande in hul hare as gevolg van die onwettige oorgrens vervoer van allerhande items soos voedsel, klere, meubels, mielies en grondboontjies vanuit Zambië. Die goedere kom die land binne deur ongedokumenteerde punte. Op hulle beurt smokkel Namibiërs brandstof, meel, kookolie en ander items na Zambië. Sitali sê daar was sommige suksesse met voertuie wat geskud is maar, die stand van sake bly ‘n uitdaging.