Kandjeke sê Kavango Oos het geen plan nie
Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê die Kavango Oos-streeksraad het geen planne nie. Hy sê daar is nie ‘n strategiese plan, ‘n langtermynplan of ‘n jaarplan vir die streek nie. Volgens Kandjeke is ‘n jaarplan en ‘n strategiese plan, saam met ‘n prestasie-bestuurstelsel van kritieke belang vir die sukses van enige entiteit. Daarsonder kan bronne nie geallokeer word nie, daar is geen nakoming nie en ook geen aanspreeklikheid nie. Kandjeke het die ouditverslae vir die afgelope drie boekjare voltooi en het ‘n nadelige opinie uitgespreek en sê die state reflekteer nie die stand van sake by die raad nie.