Putin moet gestuit word – Biden
Amerikaanse president Joe Biden verkeer onder al hoe meer druk om ondersteuning vol te hou vir die Oekraïne. Met die heersende chaos in die Huis van Verteenwoordigers blyk dit om nog moeiliker te raak, veral omdat onder Kevin McCarthy het die Huis net noodbefondsing goedgekeur sonder om Biden se vraag vir nog geld vir die Oekraïne te oorweeg. Biden sê dis uiters belangrik om die Russe te stuit.