Tshwane soek verslag oor stakings

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, het die minister van Polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gevra vir ‘n vorderingsverslag oor strafregtelike ondersoeke na stakingsverwante geweld. Brink sê dit is kommerwekkend dat geen nuwe inhegtenisnemings gemaak is nie al het die stad duidelike en geloofwaardige inligting oorhandig oor die geweld en volgehoue aanvalle op stadspersoneel, bates en voertuie. Hy sê die stad het reeds byna 50 sake by die stad se polisiekantore geopen, wat wissel van poging tot moord tot intimidasie: