Rugby nie goed vir die kop

Rugby: ‘n Studie het bevind spelers met langer loopbane is meer geneig om ‘n aftakelende breinsiekte te ontwikkel. Wetenskaplikes van die Universiteit van Glasgow het 31 geskenkte breine ontleed, waarvan 21 tekens getoon het van ‘n toestand wat verband hou met harsingskudding en herhaalde kopbeserings. Sky Sports berig byna twee-derdes van spelers wat geraak is deur die toestand bekend as chroniese traumatiese enkefalopatie, het op amateurvlak gespeel. Die toestand lei uiteindelik tot demensie. Lykskouings het ook gevind dat atlete wat gereeld aan kontaksport deelneem, ‘n groter kans het om hierdie toestand te ontwikkel.