Noordwes se misdadigers se tyd is verby
Die polisiekommissaris van Noordwes, Sello Kwena, sê hulle sal nie toelaat dat misdadigers lede van die gemeenskap in die provinsie openlik terroriseer nie. Dit volg nadat vyf verdagtes onlangs in hegtenis geneem is in verband met moord, huisbraak en die besit van ongelisensieerde vuurwapens. ‘n Polisiewoordvoerder, Aafje Botma, sê ‘n 20-jarige vrou en haar baba van nege maande is ook in hul woonplek doodgeskiet en aan die brand gesteek: