Gcaleka waarsku oor Oos-Kaap se waterbronne

ʼn Verslag deur die Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka het ʼn ernstige waterkrisis in die Oos-Kaap uitgewys. Haar span het maande lank groot dele van die provinsie se ses distriksmunisipaliteite en Buffalo City, een van die twee metro’s in die Oos-Kaap, deurkruis. Gcaleka waarsku in haar verslag dat wateroordraagbare siektes kan uitbreek indien regstellende stappe nie onmiddellik ingestel word nie. Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, sê hulle beraadslaag met die betrokke munisipaliteite om hulp aan te bied: