Manier hoe Israel op Hamas reageer maak saak – Obama

Oudpresident Barack Obama van Amerika sê dis belangrik dat diegene, Amerika ingesluit, wat Israel in sy tyd van nood ondersteun, ʼn strategie moet aanmoedig wat Hamas kan uitskakel maar verdere burgerlike ongevalle kan keer. Hy sê in ʼn verklaring oor die Israel-Hamas-konflik dit maak saak hoe Israel die geveg teen Hamas hanteer. Obama sê Israel se militêre strategie moet internasionale wette nakom. Dit sluit dié in wat ten alle koste dood of lyding onder die burgerlike bevolking wil voorkom.