Ouma verstik, niemand kan haar help nie, toe sterf sy

Die Namibiese polisie sê ‘n 73-jarige pensioenaris het by ‘n nedersetting naby Ncaute in die Kavango Oos-streek verstik aan ‘n stukkie vleis wat sy geëet het. Volgens die mag het die voorval Maandagaand rondom nege-uur plaasgevind. Daar was blykbaar niemand wat haar kon bystaan nie en sy is met aankoms by die naaste kliniek dood verklaar. Haar oorskot is na die staatslykshuis op Rundu vervoer vir ‘n nadoodse ondersoek.