Beesvleis sal duurder word voor die feestyd

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid waarsku teen moontlike stygings in die komende maande in prys van pluimveeprodukte. Suid-Afrika worstel met sy mees omvattende uitbreking van voëlgriep, waar miljoene hoenders op kommersiële plase vankantgemaak is en dit het reeds die prys van eiers opgejaag. Die uitbreking het die eierbedryf swaar getref en raak ongeveer 30-persent van die produksie. Die Buro verwag ook stygende beesvleispryse voor die feestyd, aangedryf deur verhoogde vraag, asook ʼn tekort aan pluimvee as gevolg van die voëlgriep-uitbreking.