Jhb-polisie sê slagoffers van mensehandel uit Ethiopië die land ingesmokkel

Die Johannesburgse metropolisie het die naweek 27 slagoffers van mensehandel gered wat in ‘n huis in Edenvale aangehou is. Die metropolisie se woordvoerder, Xolani Fihla, sê hulle het inligting ontvang oor onwettige immigrante wat onregmatig in Edenvale aangehou word. Hy sê, toe die beamptes op die perseel aankom, het hulle ongeveer 30 manlike onwettige immigrante uit Ethiopië gevind wat die land binnegesmokkel is: