Nog ‘n kokaïen-vonds by Durban, die keer R80m

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy is hard aan die werk om by georganiseerde oorgrens-misdaad, wat ‘n aansienlike bedreiging vir gemeenskappe inhou, in te gryp en dit aan bande te lê. Die polisie het Vrydag beslag gelê op kokaïen met ‘n straatwaarde van 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand by die Dube Trade Port in KwaZulu-Natal. Dit is die tweede dwelmdeurbraak die afgelope paar dae. Sewentig miljoen rand se kokaïen is ook in ‘n vraghouer by die Durbanse hawe opgespoor. Die Nasionale Polisie-kommissaris , Fannie Masemola, sê hulle ondersoek die moontlike verband tussen die twee voorvalle: