Voog verkag blykbaar dogtertjie in sy sorg

‘n Gru-voorval van verkragting is deur die Namibiese polisie op Epako naby Gobabis aangemeld. Volgens die mag, het die voog van ‘n 14-jarige meisie haar vanaf Februarie tot Oktober vanjaar herhaaldelik verkrag by die Kanaan C-nedersetting. Die mag het nie inligting verskaf oor hoe die mishandeling aan die lig gekom het nie maar, sê die verdagte is bekend, maar het gevlug. Pogings om hom op te spoor duur voort.