Verstappen wil van 6de posisie af wen

Die driemalige Formule Een-wêreldkampioen van Red Bull, Max Verstappen, het ‘n Amerikaanse Grand Prix-snelren van die voorste wegspringposisie af gewen nadat hy vroeër uitgedaag is deur Lewis Hamilton van Mercedes. In die hoof-wedren later vandag op die baan in Texas sal Charles Leclerc van Ferrari egter in die voorste wegspringposisie wees vir die Grand Prix, met Lando Norris op twee. Carlos Sainz en Lewis Hamilton is in die tweede ry. George Russell van Mercedes is langs Verstappen in die derde ry. As Verstappen sy 50ste Grand Prix wen, sal hy die eerste jaer wees wat van die sesde posisie af wen.