Hare-ontspanners veroorsaak dalk kanker

Die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid stel ‘n verbod teen April 2024 voor op die gebruik van die chemikalie formaldehied as ‘n bestanddeel in hare-ontspanners. Die owerheid beweer daar mag ‘n verband wees met baarmoederkanker. ‘n Studie deur die Amerikaanse Instituut vir Gesondheid het onthul daar is ‘n net meer as vier persent groter risiko van kanker wat met hormone verband by vroue wat formaldehied op hulle hare gebruik. Die owerheid sê die verbod sal bewustheid verhoog oor die moontlike gesondheidsrisiko’s wat verbind word met die gebruik van formaldehied in chemiese verslappingsmiddels, die Brasiliaanse droogblaastegniek en keratienbehandelings.