Okahandja-ontevredenes gaan president toe
Die groep ontevrede inwoners van Okahandja se informele nedersettings wat op 6 Oktober die strate ingeneem het om hul petisies van die dorp se burgemeester terug te vra, het die petisies ontvang en wil dit nou by President Hage Geingob indien, na ‘n klaarblyklike gebrek aan belangstelling van die dorp se leierskap om hul bekommernisse aan te spreek. Die petisie doen ‘n beroep op die owerhede om te verduidelik wie geregtig is om grond te besit, en wie vir munisipale dienste kwalifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met aktivis Sydney Gariseb gepraat, wat sê hulle is moeg gewag en wil hê wat reg is vir hul dorp.