Verstappen loof sy span en kar

Die Formule Een-seisoen gaan dié naweek voort met die Amerikaanse Grand Prix in Austin, Texas. Max Verstappen het hierdie seisoen oorheers en ‘n derde agtereenvolgende wêreldtitel beklink in die Katarse Grand Prix. Met vyf wedrenne wat voorlê, het Red Bull teen daardie tyd ook reeds die vervaardigerskampioenskap gewen. Die 26-jarige Verstappen het sy span se werk geloof, én die motor wat Red Bull dié seisoen vir hom gegee het.